<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ralien ‘n ruiter van formaat

 
In die week is Ralien de Beer ’n leerder aan die Hoërskool Piet Potgieter waar sy uitblink op die sportveld.
Sport : 18 Apr 2013 246 Viewed 0

Terwyl haar maats pop gespeel het, het sy verkies om buite by die perde op haar ouers se plaas te wees, sê Ralien de Beer nadat sy haar tweede uithou-perdrykampioenskappe gewen het.
Ralien (13) het onlangs aan die Noordelike Unie se Uithou-perdrykampioenskappe deelgeneem waar sy  ‘n eerste plek in die 80km rit behaal het op die rug van haar perd, Arkab Talafat. Sy het ook haar Noordelike Uniekleure verwerf en ‘n nuwe baanrekord van 3:36.08 opgestel. Ralien het ook op 2 Maart vanjaar die Letaba Uithou-Perdekampioenskappe gewen. Sy het die 80km rit voltooi op die rug van Twins Bin Laddinn.
Ralien vertel sy het op sesjarige ouderdom begin om perdrylesse te vat. Die perde op haar ouers se plaas naby Roedtan het haar van jongs af gefassineer en op 10-jarige ouderdom het sy begin om aan kompetisies deel te neem.”Om aan die sport deel te neem moet ‘n mens 240km opritte ry voordat jy aanspraak kan maak op ‘n wenplek in kompetisies. Ek het altyd stadig en rustig gery. Dis nou maar eers onlangs dat ek begin het om goed te doen. Dit verg baie uithou vermoë en ‘n mens moet ‘n sterk persoonlikheid hê. Jy moet takties optree en weet wanneer om vining te ry en wanneer nie. ‘n Mens moet lief wees vir diere en weet hoe om met hulle te werk.”
Ralien sê gedurende ‘n wedren ondergaan die perde drie veaartondersoeke om seker te maak hulle is reg. Sy het tans vier perde waarmee sy oefen. Omdat sy in die week in Mokopane woon, kan sy net oor naweke oefen. Dit verg dissipline en toewyding. “Arkab Talafat is my gunsteling vos, met sy rooibruin hare, nes myne.”
Benewens perdry neem Ralien ook deel aan atletiek, netbal en swem. Sy is ook lid van haar skool se kunsklub.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube