<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

‘n Tweede Platinum vir Rudi

 
Rudi Kruger van Mokopane word gelukgewens met sy prestasie deur Wilhelm Greeff, die SA Jagters se adjunkpresident verantwoordelik vir die opleidings-portefeulje (links). Saam met hulle is Soetdoringtak voorsitter, Paul du Plessis.
Sport : 31 May 2013 211 Viewed 0

Rudi Kruger van Mokopane het Saterdag tydens SA Jagters en wildbewaringsvereniging se Presidentskiet by die Maribashoek skietbaan as algehele wenner vir die dag uit die stryd getree en ook vir die tweede keer daarin geslaag om die
gesogde Platinum toekenning te
verwerf.
Hierdie toekenning word slegs gemaak aan skuts wat in beide die bosveld en vlaktetabelle daarin slaag om ‘n A-skietstandaard te handhaaf.
Rudi is maar een van ‘n handjie vol skuts uit Mokopane wat al Platinum-status verwerf het. Hy word nou ook
outomaties na die SA jagters se
nasionale kampioenskappe in September genooi.
Leandri Kruger, Rudi se dogter,  het met ‘n tweedeplek gewys die
appel val nie ver van die boom af nie. In die derde plek was D. Niewoudt van die Mopani tak en die vierde plek het gegaan aan Mokopane se Diekie Muller. Soetdoring voorsitter, Paul du Plessis, was vyfde.
Altesaam 36 skuts van oraloor het aan Saterdag se skiet deel-
geneem.

 

 

 
 

Leandri Kruger het algeheel tweede geëindig vir die dag.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube