<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Polokwane voer botoon by Meesterstoernooi

 
Die wenners van die verskillende afdelings in die Limpopo Meesterskampioenskappe saam met die borg. Van links na regs staan Anton van Zyl (LiN Media), Shamier Cassims (40-49 jaar), Emmie van Zyl (dameswenner), Cilliers Vosloo (55-59 jaar) en Charl van der Merwe (50-54 jaar).
Sport : 06 Jun 2013 96 Viewed By LiN Nuus 0

Muurbalspelers van Polokwane het die afgelope naweek die botoon gevoer tydens die Limpopo Meesterstoernooi en met drie van die vier titels weggestap.
Die wedstryde is beslis op Louis Trichardt se bane en het 33 spelers van regoor Limpopo gelok. Die spelers het tydens die toernooi die geleentheid gehad om te kwalifiseer vir die Limpopo-spanne wat gedurende September aan die interprovinsiale kam-
pioenskappe in Pretoria gaan deelneem.
Die damesafdeling is gewen deur Emmie van Zyl van Polo-kwane. Sy het Ronel Welman van Soutpansberg Muurbalklub in ‘n taai eindstryd geklop.
In die afdeling vir mans, 55 tot 59 jaar, was dit Cilliers Vosloo van Soutpansberg wat sy klubmaat, Willem van Wyngaardt, in die eindstryd geklop het. Charl van der Merwe van Polokwane het die 50-tot-54-jaar afdeling gewen en hy moes in die eindstryd afreken met Don Westcott van Tzaneen. In die afdeling vir mans tussen 40 en 49 jaar was Shamier Cassims van Polokwane te sterk vir Bertus Guillaume van Soutpansberg.
Die toernooi is vanjaar geborg deur LiN Media, die maatskappy wat verskeie onafhanklike koe-rante onder wie Noordelike Nuus in Limpopo verteenwoordig.
Die ander borge was Premier Auto, Rodney Cooper en SAB. Die klub het ‘n spesiale woord van dank gerig aan die borge wat bygedra het tot die sukses van die toernooi.
- LiN Nuus / Zoutpansberger

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube