-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Japsnoetjies kleuterskool in Lephalale het Saterdag hulle jaarlikse sportdag vir kleuters gehou en Hansie en Grietjie kleuterskool was ook daar om te wys hoe vinnig hulle kan hardloop.
Die twee skole se revuegroepies het opgetree en daarna het elke kleuter, ma , pa, ouma, oupa en selfs juffrou die kans gehad hulle vernuf op die atletiekbaan te wys.
Dit was veral ouma Miems Erasmus (74) wat beindruk het deur stof in al die ander oupas en oumas bo 50-jaar se oë te skop. Dié tannie kan hardloop. Na die medalje oorhandiging is daar mini netbal en ruby gespeel en die dag is afgesluit met heerlike boeresport vir die ouers.
0 Comments