<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Jong gimnas wys haar staal

 
Elizka saam haar grootste ondersteuner, haar ma, Karien Ruytenberg. Onder: Elizka tydens die SA Ritmiese Gimnastiek- kampioenskappe.
Sport : 28 Jun 2013 157 Viewed 0

Sy het ‘n jaar gelede met ritmiese gimnastiek begin en het nooit kon droom dat sy so goed sou vaar nie, sê Elizka Ruytenberg (13) wat verlede week tydens die Suid-Afrikaanse  Ritmiese Gimnastiekkampioenskappe in Johannesburg ‘n derde plek in die bal-item gekry het. Elizka het vir die Limpopo-span in die o/13 ouderdomsgroep (vlak 2) deelgeneem.
Haar ma, Karien, vertel hoe trots sy, haar man en Elizka se afrigters was toe haar dogter se naam uitgelees is.  “Ons gesigte het boekdele gespreek. Daar was 17 deelnemers in haar ouderdomsgroep wat teen mekaar gewedywer het.  Dit alleen was vir my goed genoeg. Ek besef  nou hoeveel sy gegroei het in die kort tydjie wat sy by die Mokopane Gimnastiekklub se ritmietse afdeling is. Sy het vanjaar aan een vriendskaplike toernooi  deelgneem, toe aan die Limpopo-kompetisie waar sy dan ook  gekies is om aan die Suid-
Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem.  Ek kan sien hoe sy elke keer verbeter. Dis ongelooflik.”
Elizka sê die gimnastiekgogga het haar gebyt  nadat sy gaan kyk het hoe haar nefies  by die klub oefen.  Sy het haar swemklasse prysgegee en oefen nou twee keer ‘n week onder die bekwame leiding van haar afrigter Marinda Marshall. Haar senuwees pla nie juis nie en sy het geleer om net aan te gaan sou sy ‘n fout maak tydens ‘n kompetisie-item. Wanneer die vakansie verby is, gaan Elizka vlak 3 probeer bemeester en vasbyt om te sien of sy heelbo kan uitkom.
Karien sê haar dogter is eintlik ‘n regte dromertjie. Rit-miese gimnastiek leer haar dissipline en verantwoordelikheid. Dit het ook haar koördinasie- en konsentrasie-vermoë baie verbeter en sy het geleer om op tyd met musiek te wees.
Benewens gimnastiek is Elizma ook deel van Hoërskool Piet Potgieter se kunsklub wat in Augustus aan die Eistedfod gaan deelneem.
Sy is ook in die Laerskool Krugerpark se skoolkoor.

 

 

 
 

Elizka tydens die SA Ritmiese Gimnastiek- kampioenskappe.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube