-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Swartwater Gimnastiekklub, onder leiding van die afrigters, Yolandé Vos en Linny Roux, het skoonskip gemaak by hul onlangse eerste kompetisie vir 2013 in Modimolle. Die klub het nege gimnaste gestuur om deel te neem en 34 medaljes huis toe gebring.
Zane Roux (links) het ‘n eerste plek gekry in spronge, op die balk, vloer en brug. Vir vlak 2 het sy algeheel eerste gekom. Sy behaal die hoogste gemiddeld vir die dag uit 93 gimnaste.
Elnichea Ferreira (tweede van links) het ‘n eerste gekom in spronge, tweede op die brug en derde op die vloer. Sy was algeheel derde.
Chere-Lee Vos (derde van links) het eerste in spronge, brug en balk gekom en ‘n derde plek op die vloer gekry. Sy is algeheel eerste.
Luandi Roux (regs) was eerste in spronge, balk, vloer en brug en is algeheel eerste. Sy kry ook die prys vir die beste Vlak 1 dogters gimnas (ouderdom 6 – 13).
Onder die seuns het Hardus Smit (links) uitgeblink en ‘n eerste plek op die rekstok gekry. Hy het algeheel tweede geeindig.
Jadrin van Blerk (tweede) was eerste in spronge, op die brug en vloer en derde op die rekstok. Hy was algeheel eerste en kry die prys vir die beste Vlak 1 seunsgimnas (ouderdom 6 – 13 jaar).
Niel Smit (derde) het ‘n tweede plek vir spronge en ‘n derde plek op die vloer gekry.
Dian Geerkens (vierde) was eerste op die vloer, rekstok, brug en spronge en eindig algeheel eerste.
Juan Jones (regs) behaal ‘n derde plek in spronge.
0 Comments