<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rimpeling op die rugbyveld - 'n skool op sy knieë

 
Elke leerder het ‘n gebedskaartjie gekry. Van links is Laurika van Niekerk Charmain Vorster en Benita Venter, almal in Gr. 12.
Sport : 28 Jul 2013 296 Viewed 0

Die leerders en personeel van Hoërskool Piet Potgieter het verlede Vrydag ‘n rimpeling veroorsaak toe hulle almal op hul kniee in ‘n kring in gebed saam was.
Die gebedsrimpeling is gedoen nadat die gedagte by die skoolhoof, Jas Hansen, posgevat het. “Ek het in die vakansie langs ‘n dam gesit en na die water gekyk. Ek het ‘n klippie in die water gegooi en die rimpeling wat dit maak gesien, hoe dit uitkring, asook die effek wat dit op die natuur rondom my het. Deur gebed gebeur dieselfde.”
Dr. Chris Harris het ‘n roerende gebed gedoen en elke leerder het ‘n gebedskaartjie – My Fingerprints! - gekry. Die skool beoog om die geleentheid jaarliks in te stel weens die groot positiewe rimpeling wat dit reeds in die gemeenskap veroorsaak het.

 

 

 
 

Die leerders en personeel van Hoërskool Piet Potgieter in gebed op die skool se rugbyveld. Ben Coetzee ‘n graad 8 leerder wat bekend is vir sy goeie sportmangees en positiewe geaardheid, was in die middel om die klippie uit te beeld.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube