<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gimnaste ryg medaljes in!

 
Sport : 07 Aug 2013 145 Viewed 0

Die Mokopane Ritmiese Gimnastiekklub het verlede naweek in Pretoria aan die Eldo Sterrekompetisie deelgeneem en puik presteer.
Richard Marshall, afrigter van die seuns is trots op Ruan Goosen (3de plek gemiddeld), Daniel Mokoena (2de), Danyell Swanepoel (3de gemiddeld) en Gium Steyn (1ste gemiddeld). Vlak 2 gimnaste wat presteer het is: Luke Knight (2de gemiddeld), Jan van der Baan (2de gemiddeld), Brendan Blignaut (3de gemiddeld), Russell Strauss (3de gemid-deld), Marnus Ruytenberg (3de gemiddeld) en Abukwe Mdingi  (2de gemiddeld). Vlak 3: Juandre Ruytenberg (2de  gemiddeld), Albert Brits (3de gemiddeld) Ernes Neetling (1ste gemiddeld) en Josua van der Merwe (3de gemiddeld). Vlak 5: Hardus van Tonder (algehele 3de), Kurt Kruger (3de gemiddeld), Samuel van der Merwe (algeheel ‘n 1ste plek).
Die dogters afrigter, Marinda Marshall sê die meisies hoef nie terug te staan nie. Hulle het as volg presteer: Lize Janse van Rensburg (vlak 4: 2de plek gemiddeld), Lesedi Mashishi (vlak 2: 2de plek gemiddeld) Raymandi Goosen (vlak 4: 3de plek gemiddeld), Chené Goosen (vlak 1: 3de plek gemid-deld), Jody Knight (vlak 2: 3de gemiddeld) en Jessica Essakow (vlak 1: 2de plek gemiddeld).
Suné Janse van Rensburg het verlede Vrydag by die Universiteit van die Witwatersrand deelgeneem en ‘n algehele eerste plek in haar ouderdomsgroep behaal. Sy het vir haar vertonings met die hoepel, tou en vrydans goud verwerf, asook silwer vir haar bal item.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube