<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Krieket sege vir Piet Pot

 
Raymondt Coleman was een van die uitblinkers op die veld.
Sport : 08 Aug 2013 112 Viewed 0

Hoërskool Piet Potgieter se eerste krieketspan het verlede Saterdag ‘n skittervertoning teen Stanford Lake College gelewer en hiermee hul eerste sege vir die seisoen behaal.
Piet Potgieter het eerste gekolf en 138 lopies aangeteken in 47 beurte. Stanford Lake College is daarna  ingestuur vir hul kolfbeurt en Piet Potgieter het met hul afgereken deur goeie veld- en boulwerk. Stanford Lake College is almal uitgehaal vir 126 in 32 beurte. Piet Potgieter wen die naelbyt-wedstryd met 12 lopies.
Jacques Du Plessis en William Beeslaar het uitgeblink met die kolf en onderskeidelik 27 en 14 lopies aangeteken. Die beste boulers was Raymondt Coleman wat 3 paaltjies gevat het in 10 beurte en slegs 19 lopies afgestaan het, asook Rhynard Van der Merwe wat 4 paaltjies gevat het in 9 beurte en slegs 28 lopies afgestaan het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube