<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Potties maak skoonskip by Limpopo gimnastiek!

 
Sport : 08 Aug 2013 223 Viewed By Alet van der Walt 0

Mokopane Gimnastieklub (MGK) se gimnaste en afrigters het fantastiese resultate by die Limpopo Gimnastiekkampioenskappe die afgelope naweek by Castle de Wild in Modimolle behaal.
“Ek is baie tevrede met die hoë standard van die beoordelaars en so trots op ons klein gimnaste,” sê MGK afrigter, Marinda Marshall. “Castle de Wildt was regtig ‘n wonderlike lokaal - hoe kan ‘n dogtertijie anders as ‘n prinses voel in dié groot kasteel of ‘n seuntjie net soos ‘n ridder?”
“Daar was net groot glimlagte, pragtige reekse, en baie goeie kompetisie,” vertel Marinda. “Afrigters in Limpopo was baie beïndruk met die professionele werk van Ecarte Club, wat as gasheer vir die toernooi opgetree en die kompetisie moontlik gemaak het. Ons wil dankie sê aan Charlene en haar span in Modimolle!”
Seunsafrigter, Richard Marshall, sê dat hy baie trots is op ons Mokopane-gimnaste en dat die outjies regtig alles ingesit het. “Ons bou nie net krag en gimnastiek in die kinders nie – ons mik om die gimnaste aan goeie waardes bloot te stel.”
Marinda beaam die woorde en sê dat ons die gimnaste moet dophou - hulle is die kampioene van die toekoms!
Die volgende gimnaste het Limpopo kleure gekry en is opgeneem in die Provinsiale span wat aan die Noordstreek Kompetisie in Kemptonpark sal deelneem aan die einde van Augustus. Resultate was soos volg:
Vroue artistiese gimnastiek vlak 1:
Melody Raats (vloer: 9.15; brug: 9.45; balk: 9.05 en spronge: 8.9 – eerste plek algeheel met ‘n platinum gemiddeld).
Jessica Essakow (vloer: 9.0; brug: 9.25; balk: 9.0 en spronge: 8.05 – eerste plek algeheel met ‘n goud gemiddeld).
Lungile Mhlangu (vloer: 8.9; brug: 8.8; balk: 9.05 en spronge: 8.5 – tweede plek algeheel met goud gemiddeld).
Chene Goosen (vloer: 8.6; brug: 8.95; balk: 8.7 en spronge: 8.0 – sewende plek algeheel met silver gemiddeld).
Vroue artistiese gimnastiek vlak 2:
Lesedi Mashishi (vloer: 9.55; brug: 9.0; balk: 8.7 en spronge: 8.8 – derde plek algeheel met platinum gemiddeld).
Jody Knight (vloer: 9.3; brug: 8.65; balk: 8.65 en spronge: 8.4 – sewende plek algeheel met goud gemiddeld).
Marlie Hatting (vloer: 9.3; brug: 9.05; balk: 8.85 en spronge: 8.5 – tweede plek algeheel met goud gemiddeld).
Seuns artistiese gimnastiek vlak 1:
Hanru Bester (spronge: 9.5; brug: 8.6; rekstok: 5.1; vloer: 7.85 – sesde algeheel met silwer gemiddeld).
Seuns artistiese gimnastiek vlak 3:
Erens Neetling (spronge: 9.45; brug: 9.25; rekstok : 7.9; vloer: 8.35 – vierde algeheel met goud gemiddeld).
Josua van der Merwe (spronge: 9.6; brug: 8.95; rekstok: 5.9; vloer: 8.00 – agste algeheel met silwer gemiddeld).
Juandre Ryutenberg (spronge: 8.85; brug: 8.25; rekstok: 7.45; vloer: 8.15 – sewende algeheel met silwer gemiddeld).
Afrigters Marinda en Richard bedank ook Destiny Alive wat die gronde beskikbaar gestel het vir die huur van die gimnastiekklub. MGK kan op die hoek van Gyser en Fouriestraat agter die ou Voortrekker Hospitaal gevind word.
Hulle nooi alle ouers om te kom kyk en wil graag een gratis les aan potensiële gim-naste aanbied. “Gimnastiek is fantasties vir liggaamlike ontwikkeling asook koordinasie en balans, kom loer gerus in,” sê Marinda.
Kontak MGK by 079 217 8410 vir u kind ‘n gratis klas te boek. Vir nog foto’s en inligting vind MGK ook op Facebook by www.facebook.com/MokopaneGymnastics

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube