<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Tour de Pot reuse sukses!

 
Jas Hansen, skoolhoof, oorhandig die wisseltrofee aan Awie Hattingh.
Sport : 08 Aug 2013 92 Viewed 0

Die Mokopane sportman en swem-afrigter, Awie Hattingh,  het verlede Donderdag stof in die oë van die ander deelnemers aan die eerste Tour de Pot fietswedren geskop. Hy het eerste klaargemaak in ‘n tyd van 35 minute.
Dié nuwe fietsrywedren van Hoërskool Piet Pogieter was ‘n reuse sukses met meer as 230 deelnemers wat saam sowat 20 km aangedurf het.  Oud en jonk  het  Donderdagmiddag in Chroompark op hul bergfietse weggespring na die plaas Moorddrift. Daar het hulle om die dam gery voordat hulle die grondpad terug aangedurf het na Pretoriusstraat waar hulle begin het.
Hattingh het ‘n wisseltrofee van die skoolhoof, Jas Hansen, ontvang en steek ‘n kontantprys van R500 in sy sak. Die eerste senior wenner oor die wenstreep was Bredon Strydom en die eerste junior, Marko Benade. Die graad 10A leerders in hul wit T-hemde was die skool se senior spanwenners en graad 9B het die junior titel weggeraap. Die skool beoog om die inisiatief voort te sit deur die fietswedren van nou af  jaarliks aan te bied

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube