-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Laerskool Bosveld Primary se mini-krieketspanne het verlede Saterdag by Laerskool Platina op Swartklip aan ‘n mini-krieketdag deegeneeem. Hoewel wen nie als is nie, het die spannetjies goed vertoon .
Liefde vir krieket en basiese vaardighede vanaf ‘n jong ouderdom is vir Laerskool Bosveld belangrik. Die program is geloods om krieket by die skool te verbeter en die resultate is sigbaar in die ligawedstryde.
Die o/10- en o/11-spannetjies van die skool het goeie oorwinnings oor Bela Bela en Krugerpark behaal. By Bosveld word daar gehoop dat hierdie wenkultuur deel sal word van die skool se krieketstatus oor die volgende paar jaar. Laerskool Bosveld Primary is baie dankbaar vir die goeie werk wat al die betrokkenes ingesit het om mini-krieket te bevorder
- Jimmy du Plessis
0 Comments