-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Motorsport-entoesiaste van Mokopane het Saterdagaand in hul honderde saamgetrek om die Bosveld Ovaalbaan om te sien hoe die befaamde Coopers en van Niekerks weer die baan oorheers. Dit was die eerste byeenkoms nadat die Bosveld Wedrenklub verlede week weer in die lewe geroep is.
In die 1600 Stockrods afdeling het Joseph Bothma gewys hy is Potties se Stockrods koning en was in al drie wedrenne eerste verby die geruite vlag. Onder die twee-liter pinto’s het Boela Bekker koning gekraai met Handré Kotze tweede en Jackie Daniel derde.
In die 1660-klas het Potties se hardebaarde die nuweling van die klas, Louis Ruytenberg (Jnr) en sy nuwe kar gery met strawwe kompetisie verwelkom. Die Coopers het die kitaar geslaan met Fredrick in die eerste plek en Fred tweede. André Coetzer was derde. In die Hotrods (hitsmotors) het die Van Niekerk-gesin mekaar behoorlik opgekuil Riaan van Niekerk was eerste, WB van Niekerk, tweede en Willa van Niekerk was derde.
0 Comments