-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Laerskool Bosveld Primary se tennisspan het verlede week teen die spannne van Laerskool Vaalwater te staan gekom. Dit was nie ‘n maklike taak om die ligaspelers uit te daag nie, maar die Bossies het hul nie laat afskrik nie.
Die Bossie-dogters, Anje Grobler en Anzelle Vermaak, het hul onderskeie enkelspelle gewen en die dogterspan het dus in die enkel-, sowel as die dubbelspel geseëvier. Die seuns was in ‘n taai stryd gewikkel. Al het hulle die enkels verloor, het Christiaan Young en Jean Wilken hul dubbelspel gewen. Gevolglik kon hul met die dubbelspel ‘n gelykop uitslag afdwing.
Daar word uitgesien na opwindende tennis aanstaande jaar omdat die Bossies se tennisspan in die Waterbergliga gaan meeding teen sewe ander skole. - Me. I. Viviers.
0 Comments