<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

4x4 pret in Baltimore...

 
Sport : 23 Aug 2013 114 Viewed 0

Die Baltimore boerevereniging se 4x4 gesinsnaweek is elke jaar‘n groot hoogtepunt op hierdie klein boeregemeenskap se kalender en van regoor die land stroom  4x4-entoesiaste na hierdie Bosvelddorpie om aan ‘n onvergeetlike avontuur deel te neem.
Sowat 75 voertuie het hierdie jaar ingeskryf en deelnemers is tot die uiterste beproef met ‘n bergroete, hindernisbaan, tydtoets, rivierroete en selfs ‘n veldfokus vraestel wat voltooi moes word. Die spanne het op die plaas Oryx kamp opgeslaan en hier is vir vier onvergeetlike dae  heerlike gekuier en saam geëet. Dit is die 15de jaar dat hierdie gesinsnaweek aangebied word en elke jaar word dit net lekkerder, meen Elene Herholdt wat deel was van die wengroep.
“Ons wil graag die organiseerders bedank wat die naweek vir ons moontlik gemaak het. Volgende jaar maak ons weer so.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube