<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ons gimnaste skrik nie vir kompetisie nie!

 
Richard Marshall (afrigter) saam met die senior gimnaste van die klub.
Sport : 02 Sep 2013 204 Viewed 0

Dit is kompetisieseisoen vir die land se gimnaste en die Mokopane Gimnastiekklub wys dat hulle glad nie terug hoef te staan vir die res van Limpopo nie – nog agt van die klub se gimnaste is gekies vir die Limpopo-span!
Verlede naweek het Limpopo se vlak 4, 5 en 6 gimnaste met hul talente by die Matsport Centre in Centurion, Gauteng, gewoeker.
Soos altyd is die gimnaste deur die klub se afrigters, Richard en Marinda Marshall, vergesel vir morele ondersteuning en afrigting uit die boonste rakke. Beide afrigters, wat gedurig hul vaardighede met verdere opleiding opknap, het weereens  vertel hoe trots hulle op die klub se gimnaste is. Van die gimnaste oefen meer as ses ure per week.
Die uitblinkers onder die seuns was:
Vlak 4 - Johan Strauss was algeheel tweede in sy ouderdomsgroep met ‘n gemiddeld van 35.30 punte (hy verower goud vir vloer en spronge). Martin Brits het algeheel tweede in sy ouderdomsgroep klaargemaak met ‘n gemiddeld van 44.35 punte (hy vero-wer goud vir vloer en spronge).
Vlak 5 - Samuel van der Merwe het algeheel eerste in sy ouderdom klaargemaak met ‘n gemiddeld van 44.60 punte (hy het goud in vloer, beuel, ringe, spronge, brug verower). Kurt Kruger is algeheel tweede in sy ouderdomgroep met 40.95 punte (hy verdien goud vir die  rekstok).
Vlak 6 - Hercules Louw was algeheel eerste in sy ouderdom met 46.30 punte (hy het goud vir spronge en brug verower).
Die dogters  het glad nie teruggestaan nie en het beïndruk met hul elegansie en vaardigheid. Hulle het as volg presteer:
Vlak 4 -  Lize Janse van Rensburg maak algeheel vierde in haar ouderdomsgroep klaar met ‘n eerste plek in spronge en ‘n gemiddeld van 31.25 punte. Raymandi Goosen verower ‘n algehele eerste plek in haar ouderdomsgroep met ‘n telling van 34.25! Shani Dreyer is algeheel derde in haar ouderdomsgroep met ‘n gemiddeld an 32.35 punte.
Hierdie gimnaste sal almal aan die artistiese nationale kompetisie in Pretoria op
22 September deelneem. Baie geluk, julle!

 

 

 
 

Lize Janse van Rensburg (links) en Raymandi Goosen by hul afrigter, Marinda Marshall (middel).
Shani Dreyer.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube