<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Is jy gereed vir die Cansa Debtsafe MTB Challenge?

 
Sport : 02 Sep 2013 84 Viewed 0

Fietsry-entoesiaste moet sommer nou al seker maak hul fietse is gediens en hul valhelms gepoets vir die Cansa Debtsafe Mountainbike Challenge wat op 12 Oktober in die Mokopane Wildteelsentrum se reservaat aangebied word.
Die valhelms is belangrik - geen ryers sal toegelaat word om deel te neem sonder ‘n valhelm nie. Deelnemers mag ook nie die klein aksiekameras wat deesdae so gewild is, aan hulself of hul valhelms vasmaak nie. Sulke kameras mag wel op fietse gemonteer word.
Daar is drie opsies vir fietsryers. Vir die fikse en ervare ryers is daar ‘n 55km roete en vir die wat nie heeltemal daarvoor kans sien nie, maar tog ‘n bietjie wil sweet, ‘n 30km
roete. Dan is daar ‘n 10km wedren vir almal wat wil saamry en die saak wil ondersteun sonder om mildsteek te kry. Die 10km roete is ook ideaal vir gesinne met kleinerige kinders. 
Daar sal ‘n toegangsfooi by die Wildteelsentrum se hek wees vir lede van die publiek wat nie aan die fietswedren deelneem nie, maar fietsryers se toegang is gratis.
Inskrywingsfooie vir die fietsrenne is as volg: 55km – R140, 30km - R120, 10km - R60.
Hoewel daar op die dag ingeskryf kan word, kan belangstellendes nou al by www.cycleevents.co.za inskryf vir hierdie wedren wat ook by Fietsry Suid-Afrika (CSA) geregistreer is.
Hou die Noordelike Nuus dop vir meer inligting oor die volgende paar weke.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube