-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
‘n Rolbalspan wat al die pad van
Groblersdal gekom het, is vanjaar die wenners van die Nyl Rolbaltoernooi wat verlede naweek in Mokopane gehou is.
Die Nyl - soos die kompetisie bekendstaan - is die grootste rolbaltoernooi van sy soort in Limpopo en ‘n hoogtepunt op die rolbalgemeenskap se kalender, sê Stef de Lange, president van die Potgietersrus rolbalklub. Hy het Sondag na afloop van die toernooi al die borge en spelers bedank wat saam ‘n sukses van die toernooi gemaak het.
Altesame 112 rolbalspelers van regoor die land het kom deelneem en die spelers kon nie uitgepraat raak oor die klub se goeie bane en puik organisasie nie. De Lange het almal wat rolbal wil leer speel, of dit as ‘n sport wil beoefen, uitgenooi om enige Woensdagmiddag omstreeks 14:30 die rolbalbane by die Kameeldoring buiteklub te besoek waar die lede hulle touwys sal maak.
0 Comments