GJ Roets van Ellisras Aquatics het ook aan die Shamu Sprint Gala gaan deelneem waar hy die 50m vlinderslag rekord verbeter het en eerste plekke in 50m rugslag en 50m vryslag behaal. Hy was tweede in die 50m borsslag en 100m wisselslag
Van links voor is Diané Oosthuizen, Leoné van Schalkwyk, Jacobus Botha, Will Hawken - hy stel ‘n nuwe 25m vryslag rekord op, Herculles Steyn, Ruben Beytell, Xander Glover en Laumari Hawken. In die middel is Jesika Tiersma, Hugo Steyn, Ruben Glover, Johanco Welgemoed, Percy Hawken, Andri Potgieter, Bernice Laboff - sy stel ‘n nuwe rekord op vir 50m borsslag, Immeré Botha en Jurinda van Schalkwyk. Agter is Aldré Potgieter, Nicolene Smit, Morné van der Bank - hy het ‘n nuwe 50m borsslag rekord opgestel, Carel Smit - hy stel nuwe rekords op vir 50m rugslag, 200m wisselslag en 50m vlinderslag, Heinrich Strydom, Raymond Kockott en Franco Botha.
Anel de Vos en Anje de Wet. Anel het ook ‘n nuwe rekord vir 50m vryslag opgestel.
0 Comments
To leave a comment you need to login / register first
0 Comments