-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Mokolo dam was Saterdag in rep en roer met bote vol vissermanne- en vroue wat naarstigtelik op soek was na die grootste vis vir die Hervormde Kerk Ebenhaeser se jaarlikse hengelkompetisie.
Meer as 260 hengelaars het ingeskryf om die grootste Swartbaars en Bloukurper te probeer vang.
Jaco Janse van Vuuren het uiteindelik die swaarste Swartbaars uitgetrek en sodoende ‘n splinternuwe Toyota Etios gewen. Henry Lensley het met sy Bloukurper ‘n Visserbootjie met ‘n 5-perdekrag Yamaha motor gewen.
Daar was darem ook ‘n paar troospryse te wen vir die hengelaars wat nou nog vertel van die grote wat weggekom het.
Die Hervormde Kerk Ebenhaeser bedank graag al die borge en deelnemers.
0 Comments