-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Laerskool Bosveld Primary se onlangse gholfdag by die Mogolklub was met 131 inskrywing ‘n groot sukses. Spelers het die eerste nege gaatjies in die dag gespeel en die tweede nege in die aand. Na die dag en nag se golf is daar heerlik gesmul aan die sowat 15 potjies wat ingeskryf is vir die potjiekoskompetisie. Dit was uiteindelik die span van BUCO wat die lekkerste pot gemaak het. Tydens die veiling is ‘n getekende bloubultrui met verskeie springbok spelers se name daarop opgeveil. Die trui het uiteindelik gegaan aan die hoogste bod wat R10 250 was en hang nou in Tamboti Toyota se konferensiekamer. Die hoofborg vir die dag was Matopi Ford.
Wenners van die gholf kompetisie was Kobus Booysen en Derick Venter. Die organiseerders bedank graag almal wat die dag moontlik gemaak het.
0 Comments