<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mokopane Gimnastiekklub maak ons trots!

 
Sport : 07 Oct 2013 132 Viewed 0

Raymandi Goosen (regs) van Mokopane Gimnastiekklub (MGK) het haarself bewys as die beste vlak 4 dogters gimnas (18 jaar en jonger) in die land met 'n eerste algehele plek. Sy was onder meer eerste vir haar vloer- en balk-reekse en het 'n tweede plek vir die dames-burg verdien by die nasionale gimnastiek kampioenskappe.
SA Games is die grootste nasionale kompetisie waarin 'n gimnas in Suid-Afrika (vlak 4-7) kan deelneem.
Die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Federasie (SAGF) het in die verskillende provinsies hul SA’s gehou om gimnaste se vernuf in al die dissiplines te toets. WAG (dogters artisties) het deelgeneem in Centurion by die Matsport Centre aan die einde van September.
Lize Janse van Rensburg (14 en jonger) (regs) het ook goed presteer met 'n derde plek vir haar spronge.
Nog 'n MGK-gimnas, Shani Dreyer (regs bo saam met afrigter Marinda Marshall), het teen 61 van ons land se beste gimnaste (10 jaar) deelgeneem en algeheel 28ste plek behaal.
Die ritmiese kompetisie se SA’s is twee weke terug in Durban gehou by die Kwazulu-Natal Universiteit.
MGK uitblinker, Suné Janse van Rensburg (15 and onder) (foto regs onder) het Limpopo daar verteenwoordig.
"Sy het 'n asemrowende vertoning gegee," vertel haar afrigter, Marinda Marshall van MGK. Sy het ook nasionaal eerste gekom met haar hoepel, tweede met haar balreeks en het algeheel derde in SA geëindig!
MGK is baie trots op al die gimnaste en weet dat hul harde werk vrugte afgewerp het. Marshall vertel met 'n groot glimlag dat lesers gerus die Noordelike Nuus kan dophou: "Volgende jaar gaan ons die land wys Limpopo is kampioenwêreld!"
Sy nooi ouers om MGK te kontak by 079 217 8410 en te reël vir 'n gratis gimnastiekklas ter bekendstelling van die groeiende sport. "Gimnastiek ontwikkel jou kind fiesies, en dit vorm ook hul karakter," verduidelik Marshall.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube