-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Cansa Debtsafe MTB Challenge gaan iets vir almal bied, van onfikse ryers en kinders tot die meer
gevorderde bergfiets entoesiaste, skryf Paul Essakow.
Hy het al drie die roetes gehelp uitlê en meer as een keer gery. Hy het ingestem om Noordelike Nuus lesers ‘n bietjie meer te vertel oor wat hulle te wagte kan wees.
“Enige iemand kan die 10km roete voltooi en fietsryers kan verwag om baie diere te sien. Die roete kan vinnig voel aan die begin, maar spaar jou energie, want daar is ‘n paar verrassings soos kort stukkies sand hier en daar, maar moenie bekommerd wees nie - daar is 'n waterpunt so 5km van die wegspring af. Die terugkom is teen ‘n effense opdraande, maar niks ernstigs nie.
“Die 30km sal vir onervare ryers baie meer uitdagend wees. So 8km in die wedren in gaan jy ‘n lekker stukkie opdraande kry maar dit is alles die moeite werd as jy bo uitkom vanwaar jy oor die hele dorp en omgewing kan uitkyk. Boonop word jy dan beloon met enkelspoor bospaadjies teen die berg af.
“Ek sal aanbeveel dat ryers hul energie spaar vir die gedeelte tussen 16-20km. Daar kry jy ‘n paar tegniese gedeeltes. Hulle is wel rybaar. Die waterpunte is by 14km en 20km en dan gaan die laaste stukkie baie vinnig verby. Daar wag ‘n groot verrassing op 27km, wat al die sweet die moeite werd sal maak. Ons maak seker dat die wilde diere se hokke mooi gesluit is, want op jou laaste draai voor jy klaar maak ry jy verby hulle...
Die 55km roete is natuurlik vir die fikser klomp of diegene wat regtig ‘n uitdaging soek. Dieselfde roete as die 30km word gevolg, maar met ‘n ekstra stuk by wat jou en jou fiets behoorlik sal toets. Ná elke opdraande is daar darem ‘n afdraande. Op hierdie roete gaan fietsryers 600m vertikaal klim oor die 55km afstand. Waterpunte is op 14km, 27km en 40km. "
0 Comments