Colin Steyn het die 400m Hekkies vir seuns o/17 gewen.
Suretha Kruger was die Senior Victrix Ludorum tydens verlede Vrydag se Interhuis atletiekbyeenkoms by Hoërskool Piet Potgieter. Hier ontvang sy haar trofee van die hoof, Jas Hansen. Anje de Wet is aangewys as die Junior Victrix Ludorum.
Die junior Victor Ludorum was Albert Kosana.
Peter Tau het met die louere weggestap in die wedloop vir die titel van Senior Victor Ludorum.
SW Bruwer, ‘n groentjie in Piet Potgieter, het duidelik nie sy verspring talent by die Laerskool gelos nie.
In die 100m vir seuns o/14 was Albert Kosana net te vinnig vir Renaldo van Rensburg.
JD Vorster o/15 het vir hom ‘n plek in die in die hoogspring span losgespring.
0 Comments
To leave a comment you need to login / register first
0 Comments