-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vir baie mense is Paintball nie net 'n speletjie of 'n sportsoort nie, dis 'n leefwyse. Derick Uren van Kamakazi Paintball in Mokopane is een van daardie mense. Hy het die baan in die industriëleë gebied langs die Zebediela pad byna twee jaar gelede oopgemaak en is daagliks nog besig om die fasiliteit uit te brei en ontwikkel.
Dit is die ideale plek om die stres van die alledaagse lewe af te skud en in 'n wêreld van aksie, avontuur en opwinding in te stap. Maar wees gewaarsku: die paintball-wêreld is nie vir sissies nie. Die musiek is hard, die tempo is vinnig en die balletjies tref hard.
Derick sê egter die gewere, of merkers soos dit in paintball kringe genoem word, is afgestel om nie so seer te skiet nie en deelnemers word voorsien van beskermende klere en toerusting om sensitiewe liggaamsdele en oë te beskerm.
Dit is die ideale plek vir maatskappye om te kom spanbou of vir besighede om mekaar die stryd te kom aansê. Derek sê baie pelle kom maak gereeld spanne op om teen mekaar te speel.
"Partykeer kom net twee ouens en speel teen mekaar."
Deelnemende spanne kan kies of hulle elk 'n vlag wil verdedig en of hulle mekaar se gyselaars wil probeer bevry met ses of minder spelers aan 'n kant. Terwyl daar gespeel word is daar lazarligte en 'n stoommasjien wat tot die misterie en opwinding van die 'oorlog' bydra en die adrenalien vinniger laat pomp.
Kostes beloop R80 per speler en sluit die beskermende klere, die huur van 'n geweer en 50 verfballetjies in. Spelers kan dan ekstra balletjies koop vanaf R25 vir 50 wat dat op 'n glyskaal goedkoper word tot R500 vir 2000.
Kamakaze Paintball is die enigste binneshuise paintball baan in Limpopo en bied ook fasiliteite vir danse, funksies soos verjaardag en rumpartytjies. Die baan is oop van 09:00 in die oggend tot laat in die aand. Daar is 'n lekker dansvloer waar 'country' danse op Woensdae gehou word en disco danse oor naweke. Daar is ook braai fasiliteite.
0 Comments