<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Benise wen 24-uur wedloop

 
Benise saam met haar man Wikus, wat by elke wedloop as haar ‘second’ haar ondersteun en aanmoedig.
Sport : 27 Jan 2014 108 Viewed By Valerie Cilliers 0

“Ek het op Laerskool begin lang afstande hardloop en het net nooit opgehou nie,” so vertel Benise Geyser van Lephalale wat onlangs die 24-uur wedloop vroue afdeling van die Festival of Running-byeenkoms in Pretoria gewen het. Sy verbeter die rekord met 10km en lê ‘n afstand van 150km in die toegelate 24-uur af.
Benise wat aan die einde van die  jaar ‘n 24-uur tartanbaan wedloop in Taipei, Taiwan, wil aanpak,  vertel dat dit nie net die fisieke voorbereiding vir so ‘n wedloop wat belangrik is nie. “Fiksheid tel baie, maar sielkundige voorbereiding verg baie meer.  Jy moet jouself aanmoedig om aan te hou en uit te hou. Bystand van my man, kind en ouers help baie om my positief te hou. Die wete dat die Here elke tree by my is gee my die krag wat ek nodig het.” 
Sy vertel dat atlete mekaar op so ‘n uithou-wedloop aanmoedig. “Met die 24-uur wedloop het jy ‘n “base camp” met ‘n tent waar jy iets kan drink en eet. Die Festival of Running-roete is ‘n 500m grasbaan met ‘n heuweltjie wat later ‘n ‘heuwel’ word.  Behalwe vir die aan-moediging van ander atlete tydens die wedloop is ek ook baie gelukkig dat my man altyd daar is om my te ondersteun en aan te moedig.”
Benise beoog ook om hierdie jaar haar agste Comrades Maraton te hardloop. - Valerie Cilliers (valerie@noordnuus.co.za)

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube