-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Om atlete voor te berei op die strawwe kompetisie en streng reëls wat hulle op 22 Februarie by die Interhoër atletiek byeenkoms en ook streek, distrik, provinsiale en dalk nasionale byeenkomste hierdie atletiekseisoen te wagte kan wees het Hoërskool Piet Potgieter verlede Vrydag ‘n
vriendskaplike byeenkoms op sy sportvelde aangebied.
Hoërskole Piet Potgieter, Hans Strydom, Ellisras, Louis Trichardt en Tom Naudé het aan die byeenkoms deelgeneem met Piet Pot wat koning gekraai het met 775 punte.
Hans Strydom was tweede met 625 punte, Louis Trichardt derde en Ellisras Vierde.
Tom Naudé se tekort aan dogters atlete was duidelik met dié skool wat in die laaste plek geëindig het met 310 punte.
0 Comments