-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Hoewel Laerskool Krugerpark se atlete verlede Donderddag tydens ‘n kring-atletiekbyeenkoms op hul tuisveld gewys het dat daar met dié skool se atlete en die kwaliteit van hul afrigting niks skort nie, was dit Mokopane Primary wat gewys het dat sy atlete weer ‘n krag gaan word om mee rekenskap te hou.
William Khumalo, bestuurder van die atletiekspan, sê dit was die beste wat Mokopane Primary in jare gevaar het by ‘n kring-byeenkoms.
“Verlede jaar het net ses van ons atlete deurgedring na die streeks-atletiekbyeenkoms toe. Hierdie jaar het ons 36 wat daar gaan deelneem,” het hy trots vertel.
Hier is van die dag se aksie op foto’s vasgevang.
0 Comments