<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Toe wen Potties!

 
Boonop het die 0/16 naelloper, Marnus Uys vir twee van die dag se enigste drie nuwe rekords gesorg in die 100m en 200m en is hy gekroon as Victor Ludorum. Marnus het vir die eerste keer ook die 400m gehardloop en toe sommer daar ook eerste gekom.
Sport : 02 Mar 2014 485 Viewed By Jasper Raats 0

Hoewel Piet Pot die Bosveld Interhoër meer kere as enige ander skool gewen het, het die skool Saterdag op Ben Viljoen in Groblersdal vir die eerste keer weer in 18 jaar beide die sang en atletiekbekers gewen.

Boonop het die 0/16 naelloper, Marnus Uys vir twee van die dag se enigste drie nuwe rekords gesorg in die 100m en 200m en is hy gekroon as Victor Ludorum. Marnus het vir die eerste keer ook die 400m gehardloop en toe sommer daar ook eerste gekom. Die enigste ander atleet van Piet Pot wat drie eerste plekke behaal het is Peter Tau. Peter het die kompetisie kafgedraf in die 1500m, die 800m en 400m.
Soretha Kruger het eerste plekke in die diskusgooi en gewigstoot behaal vir dogters o/17. Luzaan Taljaard was eerste in die o/14 gewigstoot en het ‘n tweede plek in die diskusgooi behaal. Vir die o/16 dogters het Merieck Griesel ‘n eerste plek behaal en Ashley Coleman ‘n tweede plek. Marinel Janse van Rensburg het vir die o/16’s ‘n silwer medalje in diskusgooi verwerf.
Onder die langasems was die groot puntemakers saam met Peter Tau, Pontsho Ngobeni wat eerste gekom het in die 3000m vir seuns o/17 en tweede in die 1500m, Khutso Molekwa was tweede in die 3000m vir seuns o/19 en derde in die 1500m. Sello Nyawene het ‘n eerste plek behaal in die 3000m vir seuns o/16. Hy het ook ‘n tweede plek in die 1500m behaal.
Hoewel hierdie atlete die top 10 puntemakers was, sê die hoof elke atleet wat deelgeneem het en ‘n plek gekry het was deel van hierdie oorwinning. Die skool het Frikkie Meyer van Thabazimbi met ‘n skamele vier punte gewen. As een atleet nie deelgeneem of presteer het soos hulle het nie, was dit neusie verby.
Ellisras Hoërskool het mooi in die middel van die punteleer op geëindig en Johanè Pistorius is aangewys as die beste veldatleet vir die dag nadat sy 917 punte verdien het deur die diskus 36.84m te gooi vir dogters o/16. Dít nadat sy tegnies nog besig is om te herstel van ‘n skouer-operasie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube