-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die boogskutters van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag aan die eerste NASP-interskole kompetisie wat in Limpopo gehou is, deelgeneem. Die byeenkoms is by die Waterberg Aacademy in Vaalwater gehou. Hoewel boogskiet slegs van die begin van die jaar by Laerskool Bosveld Primary aangebied word, dra die boogskutters se harde werk reeds vrugte. Vyf van die skool se sewe-en-twintig skuts is gekies vir die Limpopospan wat op 12 April aan die NASP-SA interprovinsiale kampioenskappe in Noordwes gaan deelneem. Diehann Pretorius, Steven Verwey, Janco Lotter, Levi Penaar en FA Kemp het gewys dat harde werk beloon word. Diehann was ook eerste tussen al die Graad 4-7 boogskutters, terwyl Steven ‘n tweede plek gekry het. Drie van die Bossie-afrigters, D. Odendaal, M. Grové en F. Kemp is ook gekies om deel te vorm van die Limpopo NASP-komitee. Mooi so, Bossies, die skool is trots op julle!
0 Comments