-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Hoërskool Piet Potgieter se leerders het die afgelope skoolvakansie die dorp se naam hoog gehou toe hulle op verskeie sporttoere gaan wys het wat in Mokopane se kinders steek.
Die hokkiemeisies het na Volksrust getoer waar die o/16’s drie van hul vyf wedstryde gewen het teen die spanne van Brits, Witbank tegnies en Dundee.
Die eerstes het teen Brits en Frikkie Meyer gewen en teen Nelspruit gelykop gespeel, maar ongelukkig teen Volksrust en Witbank Tegnies verloor.
Die rugbyspanne het na Grootvlei getoer waar die o/14 en o/15 A-spanne beide as toernooiwenners uit die stryd getree het. Op die Netbalbane het die o/14 en o/15 meisies ook as wenners opgeëindig en het hulle die trofeë vir Beste Spanne vir die Toernooi ontvang.
Die eerstespanne was na Sportweni op die Natalse Suidkus waar die Netbalmeisies drie van hul vyf wedstryde gewen het en die rugbyseuns twee van hul drie wedstryde ook gewen het.
0 Comments