-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vir almal wat graag ‘n geleentheid soek om in ‘n groep fiets te ry, om nuwe roetes te toets of om saam aan fietswedrenne deel te neem, is daar nou goeie nuus - Mokopane het nou sy eie fietsryklub wat as die Mokopane Cycle Club (MCC) bekend sal staan.
Die doel van die klub sal wees om al die fietsryers in die dorp te ondersteun sodat hul fietsry saam kan geniet en by mekaar kan leer. Die MCC komitee bestaan uit Casper Du Plessis, Paul
Essakow, Trudie Du Plessis, Adele Essakow en Hein Du Plessis.
Hulle gaan gereeld klubritte, tegniese praatjies en saam as ‘n klub, aan wedrenne deelneem. MCC is ook reeds besig, om saam met DebtSafe en Cansa, die DebtSafe Cansa MTB Challenge te reël. Dit is hierdie jaar ‘n kwalifiserende wedren vir Limpopo Kleure. Kom ondersteun hul gerus op 11 Oktober by die Wildteelsentrum buite Mokopane.
Klub inskrywingsvorms, klub reëls en konstitusie is beskikbaar by die DebtSafe kantore, by 40 Van Riebeecweg, asook Office Made Easy, ook in Van Riebeeck straat, oorkant die Biblioteek. Die kontak persoon by DebtSafe is Madelein Fourie, stuur vir haar ‘n epos na madelein@debtsafe.co.za vir navrae oor enige vorms en betalings. Lidmaatskap kos slegs R350 per persoon per jaar en skoliere tot die
ouderdom van 13 jaar is gratis.
Volg MCC op Facebook of beskoek hul webtuiste: www.limpopomtb.co.za.
Vir meer inligting kontak hul gerus: Madelein Fourie by sel: 084 612 7533, Trudie du Plessis by sel: 082 412 9392 en Adéle Essakow by sel: 82 494 7006.
0 Comments