-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die spiere het behoorlik gebult by Saterdag se sterkmankompetisie wat deur ManDirk en die Mogolklub op die klubgronde aangebied is. Tydens die sterkmanvertoning het Tristen O’Brien en Kelin Mills, Suid-Afrika se nommer een en twee senior sterkman oor 105kg die gehoor na hulle asems laat snak.
In die onder 105kg afdeling het Frikkie Page, tans eerste in SA en Willie White wat die tweede plek op die ranglys beklee ook hulle kragte gewys.
0 Comments