<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies kookwater teen Nylies

 
Zander du Plessis 0/14.
Sport : 29 May 2014 368 Viewed By Fransa de Beer 0

Hoërskool Ellisras het Vrydag 23 Mei 'n sportdag op tuis grond aangebied teen Hoërskool Nylstroom. Die Rassies se rugby is kookwater! 0/16 seuns wen 76-0. Spanmaat Nick de Beer se ma is Donderdag oorlede na 'n lang kanker-siekbed en die seuns het erewag gestaan met pienk ballonne. Die Rassies se o/15 seuns wen 50-14, o/14 wen 29-12  en die tweedes 20-9. Die Rassies se eerstespan-afrigters, die Besseling-broers, was besonder trots op hulle manne wat Nylstroom oorrompel met 34-12.
Die Rassies se netbalspanne gaan steeds gebuk onder
beserings. O/14 wen 24-15, die o/15’s wen 14-9 en die o/16span speel gelykop. By die hokkie wen die o/14’s 1-0. Wat die sokker aanbetref, speel die o/16span gelykop en die Rassies se eerstes verloor 2-1.
Hierdie naweek is die Rassie-busse reeds 03:00 die oggend op die busroetes om
betyds aan te kom vir ‘n sportdag teen Ben Viljoen.

 

 

 
 

0/14: Quanne Vorster speel hardloop-rugby
As almal maar net klein Arend Eloff se rugby-hart gehad het (0/14)
Wiham du Plessis 0/15
Sheldon Mnisi van die tweede span keer mens nie met ‘n greep op ‘n trui nie!
Pienk ballonne vir Nick de Beer se ma
o/16 voor die wedstryd
0/16. Kaptein Albert in die middel
Christiaan Kruger is nie net atleet van format nie, pasop as hy die bal kry!
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube