<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies wen oortuigend teen Warmbad

 
Issabella van Zyl het in die hitte van die stryd erge mond en tandbeserings opgedoen en ons wens haar sterkte toe. Haar ma gaan seker ‘n bufferplakker koop met: “Skenk bloed, speel hokkie!”
Sport : 12 Jun 2014 178 Viewed By Fransa de Beer 0

Saterdag 7 Junie het Ellisras Hoërskool op sy tuisvelde met Hoërskool Warmbad afgereken. Al die Rassies se rugbyspanne het gewen.
Ellisras se eerstes wen 31-10, tweedes 35-7, o/16’s wen 65-7, o/15 wen 29-5 en o/14 wen met ‘n krieket telling van 67-0.
Die o/16 en die tweede spanne het boonop hierdie hele seisoen nog nie een liga wedstryd verloor nie en berei voor vir verdere uitspeel-wedstryde.
Wat die hokkie aanbetref het die Rassies gemengde welslae behaal. Die Rassies se eerste span wen 2-1 en die o/16 span wen 1-0.
Vrydag en Saterdag het die Rassies ook na Tzaneen vertrek om aan die Limpopo finaal deel te neem. o/14 en o/15 b spanne eindig in die derde plek in Limpopo en o/14 en o/15 a spanne vierde.
Die Rassies bedank veral die ouers en ondersteuners wat vroeg opstaan en ver ry om ons leerders te ondersteun.

 

 

 
 

Nadia Louw.
Tumelo Modimola van die tweedes
Tumelo duik oor vir sy drie
Mnr Johan Pitout een van die afrigters van die 0/16’s juig.
Albert kaptein van die 0/16 span hardloop hand op die bors uit vir die stryd.
Pieter du Plessis 0/16 het ‘n ware rugbyhart
0/16 trots van EHS
Marnich van Wyk eerstespan word aangewys as speler van die wedstryd
Johan Ross eerstes speel ‘n barshou
Telbord om mee te spog!
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube