<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Groot pret vir klein japsnoetjies

 
Hoe is daai Oupa? Dell van Rooyen druk sy drie en glimlag vir oupa Tienie Loots
Sport : 20 Jun 2014 162 Viewed By Valerie Cilliers 0

Japsnoetjies Kleuterskool  in Lephalale  het Saterdag hulle jaarlikse sportdag vir kleuters by Ellisras Hoërskool aangebied. Hierdie jaar het Kameeldoring Kleuterskool ook weer kom deelneem aan die resies, netbal en tag rugby. 
Die kleinspan (en hul ouers, oupas en oumas) het kans gekry om te wys hoeveel spoed daar in hulle bene is. Dit was veral die revue groepies wat met hulle goed geoefende danspassies harte gesteel het. Die dag is afgesluit met heerlike boeresport vir die ouers.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube