<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Sewe besteel Kameeldoringklub

 
Sport : 28 Jun 2014 106 Viewed By Jasper Raats 0

‘n Groep inbrekers wat omtrent R680 000 se goedere gebuit het toe hulle in die oggend-ure van Maandag by die Kameeldoring Buiteklub in Mokopane ingebreek het, het hul rieme kort na die inbraak styfgeloop.
Die klubbestuurder en sekuriteitsmaat-skappy wat die gholfklub se alarmstelsel monitor is dadelik na die perseel toe die alarm omstreeks 03:00 maandagoggend afgegaan het. Een van die inbrekers is op die  toneel betrap en nog vier is kort daarna in hegtenis geneem.
Die vyf het Dinsdag vlugtig in die Mokopane Landdroshof verskyn en verskyn weer op 9 Julie. Al vyf, waaronder ‘n 28-jarige vrou, is uit Mpumalanga afkomstig. Die identiteit van die ander twee verdagtes is aan die polisie bekend en daar word verwag dat hulle binnekort in hegtenis geneem sal word.
Hoeksnyers, beitels en ander toerusting wat vir huisbrake gebruik word is by die vyf wat aangekeer is gekry. Dit is waarskynlik dieselfde hoeksnyers wat gebruik is om deur die dak van die gholfklub te sny waar hulle toegang tot die gebou gekry het.
Sigarette, T-hemde, skoene en baie ander items is ook in hul besit gekry. Die drank wat gesteel is, is egter nie teruggekry nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube