<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Swartwater se gimnaste is tops!

 
Sport : 07 Aug 2014 116 Viewed By Helena Raats 0

Die Swartwater Gimnastiekklub het einde Julie aan die Tswane School of Gymnastics kompetisie in Pretoria gaan deelneem. Die uitslae het weereens bewys dat ‘n klein klub met beperkte fasiliteite deur harde werk, deursettingsvermoë en talent die hoogste sport kan bereik.
Swartwater Gimnastiekklub onder leiding van Yolande Vos en hulpafrigter, Lynnie Roux, het baie goed presteer tydens die kompetisie aangebied deur Tswane School of Gymnastics. Altesaam 11 klubs het deelgeneem.
Wat die Swartwater gimnastiekklub se prestasie besonders maak is dat die gimnaste oefen in ‘n koshuis se eertydse studiesaal wat kleiner is as die meeste groot klubs se mat waarop vloer geoefen word.
Luandi Roux (o/8) het die hoogste gemiddeld uit meer as 300 gimnaste behaal.
Hier is die uitslae:
Dogters vlak 1 o/6: Lisa O’Neill (eerste) en Mart-Mari du Preez (vierde). Dogters o/7: Lara van Staden (eerste) en Zane J van Vuuren (derde). Dogters o/8: Luandi Roux (eerste).
Dogters vlak 3 o/10: Zane Roux (eerste).
Dogters vlak 3 o/12: Chere-lee Vos (eerste).
Seuns vlak 1 (o/6): Nick Jones (eerste). Seuns o/9: Willem Du Preez (vierde) en Anton du Preez (dertiende).
Seuns vlak 2 o/8: Jadrin van Blerk (eerste), Juan Jones (tweede) en Niel Smit (vierde).
Seuns vlak 2 11-13 jaar: Ruan Botha (eerste).
Seuns vlak 3 11-13 jaar:  Dian Geerkens (eerste).
Sterkte aan al die gimnaste wat 8 en 9 Augustus deelneem aan die Limpopo kampioenskappe in Polokwane.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube