<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Groot medalje oes vir swemmers

 
Sport : 16 Aug 2014 33 Viewed By NoordNuus reporter 0

TUKS Limpopo Swemklub (wat insluit geaffilieërde swemmers van Mokopane, Marble Hall en Groblersdal) het Saterdag, 9 Augustus ‘n Remax Sprint Gala op Bela Bela aangebied.
Daar was 45 swemmers van die afrigter Awie Hattingh (wat insluit Mokopane Swemklub swemmers and TUKS Limpopo swemmers) wat aan die gala deelgeneem het. Hierdie swemmers het 32 goue, 23 silwer en 17 brons medaljes ingepalm.  Swemmers van 12 swemklubs het aan die gala deelgeneem.
In die gekombineerde kruipslag aflosse het die seuns en meisies van TUKS Limpopo koning gekraai en al die goue medaljes ingepalm.
Borge vir die dag wat die gala moontlik gemaak het was: Remax (Lephalale) (medaljes), Micro Matica Vervoer (Mokopane) (etes vir beamptes) en Ansie Glover (linte).
Met die swem seisoen wat nou-net begin het, lê daar nog heelwat geleentheid vir die swemmers voor om te wys waartoe hulle in staat is.

 

 

 
 

Awie Hattingh.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube