<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Beeldtrofee halfeindstryd hier kom EHS!

 
Zander du Plessis is dalk nie Goliat nie, maar glip soos ‘n mes deur botter vir sy drie.
Sport : 16 Aug 2014 133 Viewed By Fransa de Beer 0

Hoërskool Ellisras se rugbyspanne het Saterdag die besoekers, Hoërskool Brandwag van Benoni, behoorlik gewys waar Dawid die wortels begrawe het met 'n oorwinning van 41-5! EHS se o/14 span het pragtige hardloop rugby gespeel en die toeskouers gaande gehad. Hoërskool Brandwag het geen raad gehad vir al die Rassie-puntemakers nie.   
Drieë word gedruk deur Nico Oosthuizen, Quanne Vorster, Zander du Plessis, Stephen Verwey, Stefan van Vuuren, Hannes Pretorius en Steyn van Staden.
Die goeie nuus is dat die Rassies nou deurdring na die halfeindstryd van die Beeldtrofee wat sowaar weer op tuisgrond plaasvind hierdie Saterdag 16 Augustus. Die Rassies kom nou te staan teen Midstream College van Gauteng.
Hoërskool Ellisras se o/16 span het ook die halfeindstryd van die Beeld trofee gehaal! Penryn College van Nelspruit het ver gekom om te verloor! Dit was ‘n klipharde stryd wat die Rassies gewen het met 39-20. Hierdie Saterdag speel die o/16span teen Hoër Landbouskool Bekker van die Rand hier in Lephalale. Die afrigters is trots op die manne wat meer as 100% gegee het.
Hierdie twee spanne is nie net waardige Limpopo kampioene nie maar mik nou vir die Beeld trofee! Kom ondersteun hulle gerus!

 

 

 
 

Nico Oosthuizen hardloop ‘n gat deur die verdediging!
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube