<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Barry Hilton vermaak by Gholfdag

 
Barry Hilton saam met een van die dag se wenners, Frik Malan en organiseerder Arona Rossouw.
Sport : 16 Aug 2014 105 Viewed By Valerie Cilliers 0

Met meer as 130 inskrywings het @Sold Eiendomme Saterdag ‘n suksesvolle Gholfdag in Lephalale aangebied.
Die eerste prys, rugby kaartjies vir die Springbokke teen die All Blacks is gewen deur Frik Malan en Willie Loots. Engela Nel en Christa Loretz het ‘n naweek vir twee families by Thakadu Lodge gewen.
Die dag se golf is afgesluit met ‘n heerlike ete, prysuitdeling en die skreeu snaakse Barry Hilton wat die gaste vermaak het.
Die organiseerders bedank graag die borge: Thakadu Lodge, Bosveld 4x4 en Camp World, Oasis Water Lephalale, TCM Konstruksie, Ooba Elite Club Consultants, Trail Surveys, Pezulu Outdoor Advertising, Wildman, Perfect 10, Pro Shop, Lephalale Furniture Manufacturers en African Camp and Catering.
@Sold Eiendomme bedank ook almal wat deelgeneem het en betrokke was by die dag. "Dit was 'n voorreg om dit saam met almal te geniet. Noordelike Nuus lesers moet hulle gereed maak, want ons het 'n groot verassing vir volgende jaar," sê Arona Rossouw en Francois Campher.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube