<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Swartwater Gimnastiekklub skitter weer!

 
Sport : 22 Aug 2014 138 Viewed By NoordNuus reporter 0

Met die Limpopo kampioenskappe gehou in Polokwane op 8 en 9 Augustus het Swartwater Gimnastiekklub weereens bewys van watter stoffasie plaaskinders gemaak is. Hul het uitgestaan in hul rooi, blou en wit leotards en hul afrigters, Yolande Vos en Lynnie Roux, is baie trots op elke gimnas.
Die volgende leerders van Laerskool Unitas het deelgeneem:
Seuns vlak 1(6-7 jaar): Nick Jones (goud met gemiddeld van 9.11, wen ook rekstok met 9.35 en kry Limpopo span kleure).
Vlak 1 (8-9 jaar): Willem du Preez (goud en Limpopo span kleure).
Vlak 2 (7-8 jaar): Jadrin van Blerk (goud gemiddeld en hy wen ook die rekstok met 9.3 en kry Limpopo span kleure); Juan Jones (silwer gemiddeld  en Limpopo span kleure); Niel Smit (silwer gemiddeld).
Vlak 2 (11-13 jaar): Ruan Botha(brons gemiddeld, wen spronge met 9.45 en verdien Limpopo span kleure).
Vlak 3 (11-13 jaar): Dian Geerkens (goud gemiddeld, wen spronge met 9.8 en kry Limpopo span kleure).
By die dogters, lyk die punte soos volg:
Vlak 1 (6 jaar): Lisa O’Neill (goud met ‘n gemiddeld van 9.16 en Limpopo span kleure) en Mart-Mari du Preez (silwer met gemiddeld van 8.6).
Vlak 1 (7 jaar): Lara van Staden (goud met gemiddeld van 9.4, wen vloer met 9.2, spronge 9.6 en balk met 9.5 en verdien Limpopo span kleure. Zane J van Vuuren (goud met gemiddeld en Limpopo span kleure).
Vlak 2 (7 jaar): Leane Botha (goud met gemiddeld van 9.31, met hoogste punte op vloer 9.1, spronge 9.45, brug 9.4 en balk 9.3 asook Limpopo span kleure).
Vlak 2 (8 jaar): Luandi Roux (goud gemiddeld van 9.31, wen vloer met 9.3, spronge met 9.45, en balk met 9.3 asook Limpopo span kleure).
Vlak 3 (10 jaar): Zane Roux (goud met gemiddeld van 9.46, wen vloer 9.5. spronge 9.5, brug 9.5 en balk 9.35 asook hoogste gemiddeld behaal van al die gimnaste. Sy verdien Limpopo span kleure en is aangewys as die beste gimnas. Shane Botha (silwer gemiddeld en Limpopo span). Elnichea Ferreira (silwer).
Vlak 3 (11-13 jaar): Chere-Lee Vos (goud gemiddeld, hoogste punt op vloer 9.3, spronge 9.35 en brug 8.65).
Die gimnaste was die Limpopo span gehaal het sal deelneem aan die Northzone SA kompetisie in Kempton Park op 5 en 6 September 2014.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube