<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Dis eindstryd toe vir EHS!

 
Sport : 22 Aug 2014 38 Viewed By Fransa de Beer 0

Ellisras Hoërskool (EHS) het twee spanne wat eerskomende Saterdag in Mookgophong deelneem aan die finaal van die Beeld trofee medium skole rugbytoernooi. Dit is die eerste keer sedert die ontstaan van die skool in 1963 wat EHS twee spanne in die eindstryd het.
Vreugdevure het hoog gebrand toe EHS se o/14’s Midstream College met 18-13 gewen het. Dit was ‘n taai wedstryd en spelers het meer as net 100% gegee. Hannes Pretorius druk een drie, Nico Oosthuizen twee en Steyn van Staden het die skopwerk behartig.
Die o/16 Rassies het baie gou Hoër Landbouskool Bekker geklop deur 'n vinnige drie van Andreas van Zyl. Michael Kotze het sommer vier drieë gedruk en Rikus Malan het die skopwerk behartig.
Die afrigters bedank die gemeenskap wat die spelers in goeie getalle ondersteun het, al het party nie eens kinders in die skool nie.
Een van die afrigters, Theuns van Staden, het Maandag tydens saalopening opgemerk dat spelers tot nou toe elke keer gespeel asof dit hul laaste wedstryd is, want as hulle verloor het was hulle uit. “Maar nou kan jy net tweede eindig, of as oorwinnaars uit die stryd tree as die Beeld kampioene.”
Die o/14’s speel Saterdag teen Wesvalia van Gauteng en die o/16’s teen Vryburg van Noord-Wes.
Die afrigters, Eddie Elmes en Fanus du Plessis en, Johan Pitout en Theuns van Staden bedank ouers, die skool, en die gemeenskap vir volgehoue entoesiastiese ondersteuning.

 

 

 
 

Nico Oosthuizen het twee drieë vir sy span gedruk.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube