<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS is Beeld trofee wenners!

 
Sport : 28 Aug 2014 90 Viewed By Fransa de Beer 0

Vir die eerste keer sedert die Beeldtrofee se ontstaan wen 'n span van Ellisras Hoërskool (EHS) hierdie gesogte trofee. EHS het die beste o/16 span vir medium skole in vier en ‘n half provinsies - Mpumalanga, Noord-Wes, Limpopo, Gauteng en ‘n gedeelte van die Vrystaat.
EHS se o/16 span het Saterdag in die eindstryd teen Hoërskool Vryburg die wedstryd met 18-17 beklink. Hierdie wedstryd was nie vir die met swak harte en hoë bloeddruk nie. Pieter du Plessis druk twee drieë, Andreas van Zyl een en Rikus Malan slaag met twee doelskoppe. Michael Kotze word aangewys as speler van die wedstryd. Volgens die hoof, Louis Campbell, het die spelers die skool se leuse ‘vasberade’ prakties gedemonstreer.
Die hoof bedank al die ondersteuners, twee bussies vol personeellede, beheerliggaamlede (sommige wat nie eens ‘n kind op die veld gehad het nie), ouers, familie en vriende van die skool.
Dit was ook ‘n groot dag omdat EHS twee spanne in die eindstryd gehad het. Die Rassie o/14 span het ook in die eindstryd gespeel teen Hoërskool Wesvalia en eindig tweede.
Die skool bedank afrigters van beide spanne, Eddie Elmes en Fanus du Plessis (o/14) en Johan Pitout en Theuns van Staden o/16), vir baie ure se opoffering. Ons skool is ons trots.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube