<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gholfers help met fondsinsameling

 
Francois Duvenhage en Derrick Jordaan in die tweede plek. Die klub se bestuurder, Wynand Welgemoed vergesel hulle.
Sport : 28 Aug 2014 51 Viewed By Martie Le Grange 0

Hoërskool Piet Potgieter se graad 11A kaskar fondsinsameling spaarbussie het ‘n goeie hupstoot gekry na Saterdag se gholfdag wat hulle by die Kameeldoring Buiteklub aangebied het.
Frans Fourie en Riaan Foord se goeie spel het aan hulle 57 punte besorg en hulle het as die wenners weggestap. Derrick Jordaan en Francois Duvenhage in die tweede plek was kort op hulle hakke met 57 punte vir ‘n uittel en Keith Freeman en Keagan Ross het die derde plek ingeneem. Hulle het 55 punte aangeteken.
Naaste aan die pen op putjie 6 was Ruan Bester en naaste aan die pen op putjie 17 was Kenny Mboyana.
Die leerders het hulle opregte dank teenoor al die borge sowel as die spelers uitgespreek.

 

 

 
 

Die wenners van Hoërskool Piet Potgieter se graad 11A gholfdag, Riaan Foord en Frans Fourie saam met Wynand Welgemoed, die Kameeldoring Buiteklub se bestuurder.
Keagan Ross en Keith Freeman in die derde plek na ‘n goeie dag op die gholfbaan. By hulle, Wynand Welgemoed, Kameeldoring Buiteklub se bestuurder.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube