<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Swemmers trotseer die koue

 

Dis lekker om te swem.  Carla Vogel, Leone van Schalkwyk en Micke Theron van TUKS Mokopane swemklub.

Sport : 05 Sep 2014 13 Viewed By NoordNuus reporter 0

Swemmers van TUKS Mokopane swemklub het Saterdag, 30 Augustus aan die Shamu Sprint Gala by Hoërskool Ben Voster in Tzaneen deelgeneem.  Sewe-en-twintig swemmers van plaaslike swemafrigter Awie Hattingh, wie se ouderdomme gewissel het van 5 tot 14 jaar, het gewys dat hulle nies krik vir die koue weer nie.

Die swemmers het water in die ander nege deelnemende swemklub-swemmers se oë gespat en 21 goud, 23 silwer en 21 bronsmedaljes huis toe gebring.  
Swemmers neem deur die jaar aan verskeie Sprint Gala’s deel met die doel om hul tye te verbeter en sodoende in aanmerking te kom vir die Provinsiale span.

 

 

 

 
 

Jong swemmertjies Duvan Oosthuizen (5) en Bart Theron (6) spog met hul medaljes wat hulle tydens the Shamu Sprint Gala op Tzaneen gewen het.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube