<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Lephalale dansers gaan SA’s toe

 
Sport : 05 Sep 2014 51 Viewed 0

Verlede Saterdag het elke danser van Monica Campher dansskool die geleedheid gehad om deel te neem aan die uitdunne voor beoordelaars in verskillende danse soos ‘hip hop/punk’,’ contemporary’, ‘freestyle’,’ tap dance’ en ook die model kategorie hul sou beoordeel. Dansers se  slaagsyfer was 80% om deur te gaan na die semi finale  rondte waar hul dan  weer 85% moes behaal om deur te dring na die IFAA SA’s kampioenskappe.
Dansers wat uitgeblink het was Malinda du Plessis met ‘n eerste plek  in haar ouderdom kategorie in die semi-finale rondte vir ‘contemporary’ en ook algehele wenner in die silwer status kategorie. Malinda eindig algeheel met die tweede hoogste punt vir ‘contemporary’. In Hip hop het du Plessis ‘n derde plek behaal.
Johane Eloff het eerste plek ontvang in Hip Hop en derde plek in ‘contemporary’. Barbara Emslie kry tweede plek in ‘contemporary’ en ‘ hip hop’ in die silver stage. Cherise Mans kry goud in hip hop en  brons in ‘freestyle’, ook goud in die model kategorie, Nathalie Perrier  het vir haar contemporary brons ontvang, in  freestyle goud  enin die model kategorie  ‘n tweede plek.
Sterkte aan al die dansers wat semi finale geslaag het en deurdring na die IFAA SA’s kampioenskappe wat plaasvind 3-6 September in Akasia. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube