<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassie toer na Georgië

 
Sport : 11 Sep 2014 142 Viewed By Valerie Cilliers 0

Nico Oosthuizen, onderhoofseun van Laerskool Ellisras wat tydens die Bokkieweek in Naboomspruit ingesluit is in die nasionale o/14 span gaan in Oktober saam met die span na Georgië toer. Nico wat as o/12 en weer as o/13 speler by die Limpopo span ingesluit is en ook Craven week gespeel het, het beslis ‘n blink rugbyloopbaan voor hom.
Sy ma Erika Oosthuizen vertel dat Nico ‘n prem-babatjie was wat met geboorte 'n skamele 1,8kg geweeg het. "'n Mens sou dit nie sê as jy vandag na hom kyk nie, ons is geweldig trots op hom," vertel sy.
Nico, wat ook ‘n top 10 leerder in sy graad is, gaan volgende jaar Ellisras Hoërskool toe en speel reeds vir dié skool se o/14 span. Hy was ook deel van die span wat Saterdag in die Beeld trofee eindstryd gespeel het en het hierdie seisoen al vele drieë vir sy span gedruk. Intussen word borgskappe gesoek vir Nico se toergeld na Georgië wat net meer as R28 000 beloop. Vir inligting of om by te dra skakel Erika Oosthuizen by 083 321 9904.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube