<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nyl rolbaltoernooi lok talent

 
Sport : 11 Sep 2014 124 Viewed 0

Die Potgietersrus Rolbalklub het verlede naweek hul vriendskaplike Nyl Rolbaltoernooi aangebied. Hierdie is die 12de jaar wat die klub die gewilde toernooi aanbied.
Daar was 20 spanne (80 spelers) van Limpopo, Gauteng, Oos-Vrystaat en selfs die Wes Kaap wat deelgeneem het aan die twee-dag wedstryd op 6 en 7 September.
Die Nyl toernooi is ’n hoogtepunt op die rolbal kalender en word die eerste naweek in September op ’n jaarlikse basis gehou.
’n Pluimpie vir die Potgietersrus rolbalklub is dat hul eie James en Lida Steel  as wenners uit die stryd getree het saam met hul spanmaats,
Dawid en Ellie van Coller van Heilbron. Tweede was ‘n span van Groblersdal
bestaande uit Johan du Toit, Michelle van der Westhuizen, Elaine Joubert en Jaco van Straaten. Derde plek is opgeraap deur Polo-kwane se Hennie en Martie Pretorius saam met Jules Coetzer en Tienie van Wyngaard.
Die wenners van die plaat afdeling was Robin en Miems James, Dirk Oerlemans en Herman Bosman van Mookgophong.
Die Potgietersrus Rolbalklub bedank almal wat van vêr gereis het om te kom deelneem en ook die borge wat gehelp het om die dag nog ’n groter sukses te maak.

 

 

 
 

Die Nyl rolbaltoernooi wenners was Ellie en Dawid van Coller en James en Lida Steele. Agter staan Potgietersrus rolbalklub president, Stef de Lange.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube