-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Dit was ’n besige week vir Hoërskool Ellisras (EHS). Verlede Donderdag speel EHS se eerste kriektespan op Mookgophong teen Hans Strydom en die o/15’s speel hul wedstryd in Lephalale. Die Rassies se eerste span draf die Hansies kaf en wen met 26 lopies. Johan Pitout teken 51 lopies aan en laat een paaltjie ook kantel.
Saterdag 7 September het die Rassies kragte gemeet met Hoërskool Warmbad. Die o/15’s speel tuis en oorrompel Warmbad met 39 lopies. Spelers wat uitblink is Philip van Wyk met 49 en Gerhard Pepler met 38 lopies. JD Smit laat drie paaltjies kantel. Die eerste span reis na Warmbad en verloor naelskraap met agt lopies. Cliffie Els blink uit met drie paaltjies en twee vangskote. Vir die res van die kwartaal bly daar nog wedstryde oor teen Nylstroom en Mahwelereng.
0 Comments